Ons droom van ‘n lewensentrum wat ‘n plek is waarheen mense kan kom wat gebroke is, mense wat genesing nodig het, mense wat stil word voor die Here en mense wat na hoop soek in ons gemeenskap.
Deel van die lewensentrum is die kapel waar jy kan kom bid en God ervaar. Rondom die kapel is daar twaalf lewenstasies. Hierdie stasies is gebou op die lewe van Jesus en word gebruik as deel van ‘n terapeutiese proses wat jou lewe oopmaak om die stem van God te hoor.
Daar is ‘n beradingsentrum waar mense gehelp kan word met krisis en trauma ontlonting/berading. Daar gaan ook ‘n sentrum wees vir kort lewenskursusse om mense te help met verlies, ouerskap, spanning ens.
Daar is Woensdae om 13:00 ‘n erediens in die Kapel. Dit is ‘n aanbiddings geleentheid met n kort boodskap. Die diens is 30 min lank. Na afloop van die diens is daar nagmaal beskikbaar, as jy gebed nodig het kan iemand saam met jou bid en daar is geleentheid om deur die stasies te beweeg.
Jy kan op verskillende vlakke betrokke raak naamlik as vrywilliger, fasiliteerder, voorbidding of deur ‘n finansiële bydrae te maak. Kontak ons gerus om betrokke te raak by betesda@collage.org.za.
Jou betaling sluit die boom, bankie, beeld, landscaping, besproeiing en aflewering in. Collage is verantwoordelik vir die aankoop. Dit sal sover moontlik ‘n inheemse boom wees wat immer groen is met ‘n geskikte wortelstelsel. Die plasing word deur Collage gedoen na aanleiding van die ontwerp van die gebedstuin en stasies.
Die boom en bankie, van persone wat beide koop, sal sover moontlik in dieselfde area of stasie geplaas word. Die gebedstuin is ‘n gemeenskaplike area wat deur enige iemand besoek kan word binne die beskikbare tye wat later bekend gemaak sal word.
Collage is verantwoordelik vir die gravering van adie plaatjies om sodoende te verseker dat dit eenvormig is. Daar is ‘n opsie van twee beskrywings op die plaatjie: Ter herinnering aan …. gesterf …. of Geborg deur …. en ‘n kort boodskap. Die maksimum woorde per plaatjie is 25 woorde.
Daar word een plaatjie per boom, bankie of beeld toegelaat. Indien ‘n addisionele plaatjie verlang word moet ‘n nuwe boom, bankie of beeld gekoop word.
WhatsApp us