Hiermee inligting vir die Turkye Toer. Die toerprys sluit twee etes elke dag in ‘n buffet ontbyt en aandete (behalwe een dag in Istanbul omdat ons in die straatmarkte eet die dag. Jy kans self op die toer middagete koop indien jy wil, ons ervaring is dat die middagete heeltemal oorbodig is omdat ons genoeg in die twee ander etes kry. In Cappadocie is daar ook ‘n lugbalonvaart wat uitgesluit is omdat nie almal dit wil doen nie, maar dit is aan te beveel want dit is ongelooflik 250 lugballonne op ‘n dag wat opgaan. Ons gaan die sewe gemeentes van Openbaring besoek wat besonderse geskiedkundige en toekomstige waarde het omdat dit boodskappe bevat wat aan ons wat in die tyd leef. Dit gaan ‘n ongelooflike toer wees met baie ander belewenisse. Laat my weet indien ek nog vrae kan beantwoord. Ek hoop julle sal kan saamgaan.