012 345 1181
Baie welkom by Collage!
Collage is ʼn gemeente met ʼn droom dat ons mense kan ontwikkel wat die wêreld verander, ʼn kerk kan bou wat ʼn hele stad beïnvloed en dat ons saam ʼn stad kan wees op ʼn berg waarvan die lig nie weggesteek kan word nie. Ons wil jou nooi en verwelkom om deel te word van die droom.

Ons skep geleentheid waar jy op 'n eenvoudige, eg en 'n onweerstaanbare wyse God op 'n weeklikse basis kan ervaar. Ons skep ook ruimte om elke persoon in hulle spesifieke lewensfase te akkomodeer met die doel om hulle te motiveer en bemagtig om passievol en voluit te lewe.
Wat om te verwag tydens 'n Erediens?
Gratis filter koffie in die kuier area voor en na die diens.

Vriendelike mense. Vra gerus vir en die gasvryheid-span by die ingange indien jy enige hulp of inligting benodig.

Gemaklike en ontspanne atmosfeer en informele kleredrag.

'n Veilige en pret belaaide omgewing vir jou kinders. Daar is Kinderstad vir 3 jaar (reeds van doeke af) tot graad 7 en Radikaal vir hoërskool kinders waar jou kind op hulle vlak bedien word.

Relevante en praktiese preke wat jou in staat stel om die Woord wat lewendig word, te lewe. Die dienste is tipies 60 minute lank
Dienstye: 09:00, 11:00 - Eng, 18:00. Gypsum & Hornblendstraat, Elarduspark
Wat  vir ons belangrik is?
In Collage wil ons elkeen toerus om voluit te lewe. Deur aanbidding om God te vereer, ‘n verskil te maak deur dienswerk, in verhouding te leef deur gemeenskap en voluit te leef deur heel te wees.
Aanbid
Ons strewe is om 'n ruimte en 'n atmosfeer te skep waar jy God kan aanbid.
Dien
God het elkeen van ons geskape met 'n spesiale vermoë om te dien en sodoende sy hart te demonstreer. Dit is iets wat ons gee, dit vloei uit ons hart en dit is ‘n integrale deel van ons menswees.
Behoort
Om deel van die gemeente deur fellowship te wees
Heelheid
Heelheid beteken om deur verhouding jou lewe te omhels. Dit beteken dat jy God, jouself en jou naaste sal liefhê, 'n gelukkige en vervulde lewe sal lei.
Wat ons glo?
Ons glo in die drie-enige God. God die Vader, Jesus Christus en die Heilige Gees.
Ons glo dat die Bybel die Woord van God is.
Ons glo in die doping met die Heilige Gees.
Ons glo in die werking van die gawes in die lewe van ‘n Christen.
Ons glo dat die doop van die gelowige en nagmaal instellings van Jesus Christus is.
Ons glo dat Jesus Christus die hoof van die kerk is.

Doop
Waterdoop is die kragtigste manier waarop jy as 'n gelowige jouself met Christus kan identifiseer. Die doop is 'n stap van gehoorsaamheid waardeur gelowiges in die openbaar hulle geloof en toewyding aan Christus verklaar. Deur onderdompeling identifiseer jy jouself met die dood en opstanding van die Here Jesus Christus. Die watergraf is simbolies van die dood van die ou sondige natuur en 'n opstanding in 'n nuwe lewe en wandel met Christus (Romeine 6:3-6).

Vervulling met die Heilige Gees
Dit is 'n ervaring ná die wedergeboorte in Christus waartydens jy met die krag en volheid van die Heilige Gees vervul word. Dit stel jou in staat om nader aan Christus te groei en te dien volgens jou gawes.