Wat om te verwag?

Aanbidding: Kom loof en prys die Here saam met ons. Ons gaan geleenthede skep om ook stil te word en die stem van die Here te hoor. Geestelike Insette: Daar gaan verskillende sessies wees wat ons gaan inspireer en bemoedig om ons geloof te versterk (meer inligting en die program sal volg). Ontspan: Ons gaan kreatief wees, swem, stap en net lekker ontspan.

Beperkte plek

Daar is beperkte plek beskikbaar, bespreek asseblief vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Moenie hierdie spesiale geleentheid misloop nie. Ons sien uit daarna om jou daar te sien!

Navrae

Vir meer inligting, besoek die webtuiste of skakel gerus vir Tersia of Michelle – 012 345 1181

Dames dit is tyd!

Dames, dit is jou tyd om weg te breek van die geraas van die alledaagse lewe en nader te kom aan die Een wat jou die meeste liefhet. By vanjaar se vrouekamp gaan ons ruimte skep om te rus, te verfris en om God se stem op ’n dieper manier te leer herken.

Deur bemoedigende sessies, lofprysing en aanbidding, stil oomblikke saam met Jesus, en die vreugde om saam te wees, gaan ons leer om in te leun en te hoor wat God vir elkeen van ons sê. Jy sal versterk, aangemoedig en herinner word dat jou Herder praat, persoonlik en liefdevol, reg in jou hart.

Kom met ’n oop hart en verwag dat God jou op ’n besondere manier gaan ontmoet. En natuurlik gaan daar ook baie lag, nuwe vriendskappe en kosbare herinneringe wees.

 Jeremia 33:3 “Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou groot en ondeurgrondelike dinge bekend maak wat jy nie weet nie.”

  •  ‘n Wegbreek geleentheid vir alle dames.
  • Tema: Hoe om God se stem te hoor.
  • Die Geestelike leiers – Tersia Basson, Kotie Potgieter, Michelle Kotzè & Johanni Meiring.
  • Musiekleier – Lucia Poggenpoel.
 


Belangrike Inligitng

Plek

Die Vrouekamp vind plaas by Die Hoekie naby Brits 56 km vanaf Collage Gemeenskapskerk. Die terrein is ‘n pragtige natuur skoonheid en het ‘n groot ontspannings area met ‘n swembad, volleyball baan, staproetes ens. 4 tot 6 Dames bly in ‘n Chalet of Rondawel. Alle etes gaan bedien word in die eetsaal. Daar is ‘n Staproete wat vooraf gereël word die Saterdag middag, indien jy wil saam gaan stap.

Die koste sluit die verblyf en 5 etes in. Vervoer sal onder mekaar gereël word en sal R 100 per persoon uitwerk afhangende van die voertuig.

  • Jy kan arriveer Vrydag vanaf 15:00 en lekker ontspan en swem.
  • Daar sal ‘n kamer lys indeling by die registrasie tafel wees wanneer jy arriveer.
  • NB! Aandete gaan eers 18:00 wees en die eerste sessie 19:30 (die doel is om lekker ontspanne te wees en ‘n geleentheid te skep om te wag vir almal wat eers na werk kan vertrek om te arriveer).
  • Ons sal Sondag op die laatste 11:30 terug vertrek.
  • Daar is n meer gedetaileerde program in jou kampboekie wees wat jy sal ontvang wanneer jy arriveer.
  • Aanwysings na Die Hoekie 
  • Vervoer reëlings sal nader aan die tyd gefinaliseer word.
  • Die vervoer koste word onder mekaar verdeel per voertuig.
  • Ons gaan met ander woorde nie almal op dieselfde tyd vertrek nie.
  • Ons dink wel dit sal beter wees vir mense wat saam ry om vanaf Collage te vertrek omrede voertuie by die kerk gelos kan word. 
  • Elke eenheid het sy eie badkamer.
  • Bring jou eie kussing en duvet/comforter/kombers.
  • Daar slaap tussen 4 en 6 persone per eenheid.
  • Alle etes vir die naweek is ingesluit (oggend, middag en aandetes).
  • Eetgerei word voorsien.
  • Daar is ‘n klein winkeltjie op die terrein vir waar jy koeldrank, sweeties, chips ens. kan koop (kaart fasiliteite beskikbaar).
  • Swemklere en swem Handdoek
  • Toiletries en medikasie (asook sonbrandmiddel, muskiet afweermiddel)
  • Hoed
  • NB! Badhanddoek
  • Tekkies of stapskoene en plakkies
  • Flitsliggie
  • Bybel, notaboekie en pen