Vroue Konferensie

Graag nooi ons jou uit na ons “No one is you, and that is your super power” Vrouebyeenkoms op 23 Oktober 2021 om 09h00. Ons het twee dinamiese sprekers wat ons die oggend gaan kom bedien, Lynette Beer en Marlene Dippenaar. 

Ons glo dit gaan ‘n besonderse oggend wees, wat jy nie kan misloop nie. Nooi gerus jou ma, ouma, suster of ‘n vriendin saam om die dag saam met ons te kom geniet. 

Lynette gaan met ons gesels oor – “No one is you and that is your Superpower.” 

Gedragstudies van mense bewys dat ons selfbeeld, ‘n belangrike rol in ons doelwitte en prestasies speel, die manier waarop ons met die mense in ons wêreld omgaan beïnvloed en direkte bydra tot elke aspek van ons algemene welstand lewer.

Aan die anderkant van die muntstuk word ons selfbeeld dikwels deur ander mense gevorm. Dit is gegrond op die diepgaande bevindinge van verskeie wetenskaplike studies bewys dat; naas ‘n fisiese oorlewing die grootste behoefte van enige mens ‘n sielkundige oorlewing is, om dit te verstaan, te bevestig, te behartig en te waardeer.

Die ‘Claim Your Superpower’ sal jou help om jouself en ander te verstaan, jou in staat stel om opinies objektief te sien en jou selfbeeld onafhanklik daarvan te bou. Die belangrikste is dat dit jou die vertroue sal gee wat jy nodig het om op te tree en die sukses te bereik wat jy verdien. Dit word die beste gesê deur Denis Waitley: “Dit is nie wat jy is wat jou terughou nie, dit is wat jy dink jy nie is nie.”

Marlene (PhD in Bedryfsielkunde) gaan met ons gesels oor “Leef ‘n gelukkiger lewe”

Om gelukkig te wees is ‘n daaglikse keuse. Dit is ‘n besluit om weer die huppel-in-jou-stap terug te kry deur die regte besluite te neem.
Geluk is nie net iets wat ons voel nie, daar is eenvoudige dinge wat ons moet dóén om elke dag met vergenoegdheid en vrede te leef!

Marlene het 26 jaar ervaring in verskeie fasette van Organisasie Ontwikkeling en Menslike hulpbron bestuur. Sy fokus spesifiek op kultuur verandering, leierskapsontwikkeling, span effektiwiteit, en strategie implementering.

Haar passie is om individue te help om hulle volle potensiaal te bereik, deur hulle toe te rus met emosionele intelligensie vaardighede.
Sy is getroud met Johan Dippenaar en het een dogter en twee seuns.

Belangrike inligting

Kostes beloop R150-00 p/p en sluit in tee, koffie en ‘n muffin, met teetyd, in. Bring ook gerus vir jou piekniekmandjie saam vir ‘n lekker saam kuier sessie na die tyd. 

NB! Kaartjies is nou oop vir die eerste 100 dames. Indien die President ons getalle lig, sal daar nog kaartjies beskikbaar gestel word. Alle Covid-19 reëls en regulasies sal onderhou word by die byeenkoms.

Registreer deur op die “Registreer knoppie” hieronder te kliek, of by die Boekwinkel te betaal na afloop van die erediens (Maandae tot Vrydae 08:00 – 16:00.)