fbpx
Medical Clinic

Vir mense in nood

Mediese Kliniek

‘n Mediese kliniek waarin mediese dokters en fisioterapeute primere mediese sorg aan behoeftiges verskaf. Die enigste voorwaarde om ‘n mediese dokter te sien is dat jy nie aan ‘n mediese fonds behoort nie en behoeftig is.

Ons is in proses om ‘n apteek te registeer om baiese medikasie aan behoeftige mense te verskaf.

Indien jy ‘n mediese dokter, suster of fisio terapeut is kan jy jou dienste ook hier aanbied.


Indien jy ‘n bydrae wil maak om die mediese kliniek te ondersteun.

Counselling Centre

Berading Sentrum

Die Counselling Centre by Collage is gratis beskikbaar tot diens van die gemeente. ‘n Afspraak is verpligtend.

Jy is ook welkom om die tuine van hoop te besoek waarin daar verskillende terapeutiese proses wat jy kan volg deur om ‘n boekie in die kapel te neem.

Daar bestaan boekies vir:

• Trauma
• Substansie afhanklikheid
• Verlies
• Selfdoodgedagtes
• Depressie
• Woede
• Geestelike Vernuwing
• Hoe om stil te word

Jy is ook welkom om een van die groepsberadings by die woon wat gefokus is op verlies, egskeiding, substansieafhanklikheid ensomeer.

Vir kinders in nood

Spelterapie

Hierdie terapie is ‘n wonderlike reis na herstel en hoop wat ‘n inspirerende en helende pad vir kinders bied wat deur moeilike tye gaan. Hierdie terapie kan ‘n ligstraal van hoop bring aan die lewens van kinders wat dit nodig het. Die reis na herstel en hoop is ‘n kragtige proses, en met die regte begeleiding en hulpbronne, kan kinders ‘n nuwe begin ontdek en hulself opnuut vind.

Ons gaan spoedig ‘n terapeut beskikbaar stel wat op ‘n afspreek basis jou kind begelei.

Indien jy jou vrywillige dienste wil aanbied om kinders deur berading en spelterapie te begelei verskaf asb jou besonderhede hier.

Reis met ander wat weet hoe jy voel

Groeps-berading

Groepsberading is ‘n kragtige en ondersteunende vorm van terapie wat individue die geleentheid bied om hul uitdagings en lewensomstandighede met ‘n gemeenskap van medelydende mense te deel. Dit fokus op die hantering van verlies, egskeiding, substansieafhanklikheid en soveel meer.

 
Een van die opmerklikste aspekte van groepsberading is die gevoel van verbondenheid wat dit skep. Dit is ‘n plek waar individue met soortgelyke uitdagings saamkom en ‘n gemeenskap vorm wat mekaar ondersteun en aanmoedig.
Verlies, egskeiding en substansieafhanklikheid is ingewikkelde lewensgebeure wat individue op verskeie vlakke kan affekteer. Groepsberading bied ‘n struktuur waarin mense in ‘n veilige omgewing kan leer hoe om met hierdie uitdagings om te gaan. Dit gaan nie net oor die aanleer van vaardighede nie, maar ook oor die aanvaarding van self en die bewuswording dat ‘n gemeenskap van ondersteuning beskikbaar is.

Ons gaan spoedig ‘n terapeut beskikbaar stel wat op ‘n afspreek basis jou kind begelei.

Indien jy jou vrywillige dienste wil aanbied om kinders deur berading en spelterapie te begelei verskaf asb jou besonderhede hier.

food aid

Voedsel verskaffingsprojekte

Voedsel

Collage se Touch en Wellness het ‘n inisiatief met betrekking tot kosverskaffingsprojekte. 

Hierdie projekte is gefokus om die hongeres  te help en ‘n positiewe impak op die gemeenskap te maak. In Elarduspark voorsien ons die huislose mense met  ‘n basiese maaltyd drie maal per week. 

Ons het ‘n ook ‘n besondere fokus op gesinne wat in finansiële krissis  verkeer en voedselvoorsiening benodig.

Ons  strek ons ook ‘n helpende hand uit na diegene in Pretoria Wes en Noord wat te kampe het met voedselnood. 

Hierdie projekte weerspieël die liefde en sorg van Collage se Touch en Wellness vir die minderbevoorregtes in ons samelewing.

Eenmalige Projekte in uitdagende tye

Ander

Tydens ander noodsituasies, soos gesondheidskrisisse of sosiale ontwrigtings, tree die sentrum op as ‘n bron van inligting en ondersteuning vir die gemeenskap. Ons speel ‘n sleutelrol om ‘n ondersteunende omgewing te skep en die gemeenskap te help om saam te werk en moeilike tye te oorkom.