Wie is Collage Gemeente? Inhoud

Collage is ’n geloofsgemeenskap in Elarduspark wat mense help om God eenvoudig, eg en onweerstaanbaar te ervaar — en om voluit te leef in elke lewensfase.

Ons droom is om mense te ontwikkel wat die wêreld verander, ’n kerk te bou wat ’n héle stad beïnvloed, en om ’n lig op ’n berg te wees wat nie weggesteek kan word nie.

  • Gratis filterkoffie voor en ná die diens in die kuierarea.

  • Vriendelike mense en ’n gasvryheidspan by die ingange om te help.

  • Gemaklike, ontspanne atmosfeer en informele kleredrag.

  • Relevante, praktiese boodskappe. Die diens duur tipies ±60 minute.

  • Kinderstad: vir 3-jariges (reeds uit doeke) tot graad 7.

  • Radikaal / Tieners: bediening vir hoërskoolleerders.
    ’n Veilige, pretbelaaide omgewing waar elke kind op hul vlak bedien word.

  • Die Bybel is ons onfeilbare gids en fondament vir leer en praktyk.

  • Ons glo in die Drie-eenheid: Vader, Seun en Heilige Gees — drie Persone, een Wees.

Jesus is waarlik God en waarlik mens, die enigste Verlosser. Sy lewe, kruisdood, opstanding en Hemelvaart is die grondslag van ons hoop en redding.

Die Heilige Gees werk aktief in gelowiges, bemagtig ons met gawes, lei ons daagliks en bou Christus se karakter in ons.

Ons is die liggaam van Christus: ’n familie wat saam aanbid, mekaar versorg en die gemeenskap dien — plaaslik én verder.

Ons glo in die vergifnis van sonde, wedergeboorte, die opstanding van die dode, die Wederkoms van Jesus (wegraping en algemene wederkoms) en die ewige lewe.

Contact Form