fbpx

Sondae by Collage Gemeenskapskerk

Waar Sondae die lekkerste dag van jou week is.

Wat kan ek verwag van ‘n Sondag oggend erediens?

Collage is ‘n moderne Afrikaanse gemeente met die Bybel as fondasie. Besoek ons hierdie Sondag in Elarduspark, Pretoria.

Collage Gemeenskapskerk het elke Sondag 09:00 ‘n diens wat bestaan uit:

Volwassenes 09:00

In Persoon: Ons Sondag diens is gewoonlik 60 minute en bestaan uit lewendige musiek en ‘n inspirerende boodskap.

Aanlyn: Ons dienste word 09:00 lewendig uitgesaai op YouTube en Facebook.

Kinderstad 09:00

Hier kom ons 3 – 6  jariges bymekaar om te speel, sing en te leer uit Bybelse verhale. Ons wil hê dat ons voorskoolse kinders moet weet dat God hulle gemaak het, dat God hulle lief het en dat Jesus hulle vriend wil wees.

Van Graad 1 tot Graad 6 help ons kinders om voor te berei vir die pad vorentoe. Hierdie byeenkoms bestaan uit speletjies, opgewekte musiek, stories en klein groepies wat hulle help om hulle verhouding met die Here te vorm.

Collage Kinderstad

Graad 7: Zone 7 09:00

Graad 7 is ‘n groot oorgangsfase en daarom is hierdie graad apart sodat leerders hulle eie verhouding met die Here kan begin vorm. Dit vind plaas in ‘n intieme persoonlike omgewing.

Hoërskool: Credo 09:00

Hoërskool leerders begin 09:00 op die galery in die ouditorium waar hulle saam met die res van die kerk aanbid. Na die aanbidding beweeg hulle uit na die saal (Majestro) waar hulle lering ontvang op hulle vlak, eers in ʼn groot groep en daarna verdeel hulle in kleiner groepies.

WAAR IS COLLAGE?

Gypsum- en Hornblendstraat. Elarduspark, Pretoria, 0181