Sondae by Collage Gemeenskapskerk

Waar Sondae die lekkerste dag van jou week is.

Wat kan ek verwag van ‘n Sondag oggend erediens?

Op soek na ‘n warm, verwelkomende ruimte waar die hele gesin saam in geloof kan groei? Ons Sondagoggenddiens het ‘n spasie vir alle ouderdomme met opbouende lofprysing, betekenisvolle boodskappe, en ‘n geleenthede om in te skakel en te groei. Collage is ‘n moderne Afrikaanse gemeente met die Bybel as fondasie. Besoek ons hierdie Sondag in Elarduspark, Pretoria.

Collage Gemeenskapskerk het elke Sondag 09:00 ‘n diens wat bestaan uit:

Collage Kerk Erediens-min

Volwassenes - 09:00

 Ons Sondag diens is gewoonlik 60 minute en bestaan uit lewendige musiek en ‘n inspirerende boodskap waarna ons lekker saam kuier en koffie drink.

Aanlyn:  Kan jy nie daar wees nie? Geen probleem! Sluit Sondae om 09:00 by ons aan op YouTube of Facebook en aanbid saam van waar jy ook al is.

Kinderstad - 09:00

✨ Vir ons klein kampioene (3–6 jaar):
Hier kom ons saam om te speel, sing en God se wonderlike stories uit die Bybel te hoor. Ons wil hê dat elke voorskoolse kind diep in hulle hart sal weet: God het my gemaak, God het my lief en Jesus wil my beste Vriend wees.

🌟 Vir ons dapper ontdekkers (G 1–6):
Hier berei ons kinders voor vir die groot pad vorentoe. Elke byeenkoms is vol lag en energie met speletjies, vrolike musiek, opwindende stories en klein groepies waar hulle kan gesels en groei. Hier leer hulle nie net oor die Here nie, maar ontdek hoe om ’n lewende verhouding met Hom te bou.

Collage kinderstad 3 jaar tot graad 6
ZONE 7 vir graad 7's

Zone 7 - 09:00

Graad 7 is ’n groot en spesiale oorgang in elke kind se lewe. Daarom gee ons aan hulle ’n eie ruimte, ’n plek waar hulle gemaklik kan wees, vrae kan vra en begin ontdek wat dit beteken om self ’n verhouding met die Here te hê. Hier word hulle begelei in ’n intieme, persoonlike omgewing waar hulle geloof kan groei en hulle harte nader aan Jesus kan beweeg.

Tieners - 09:00

Ons hoërskool-leerders ontmoet Sondae om 09:00 in die Rondawel. Hier begin ons saam deur God te aanbid – ’n tyd van ‘praise en worship’.

Daarna beweeg hulle in die boodskap in wat op ’n manier gebring word wat regtig by tieners aansluit. Eerstens kom almal saam in ’n groot groep om te luister en te leer, en dan breek ons weg in kleiner groepies waar leerders kan gesels, vrae vra en hulle eie geloofsreis ontdek.

WAAR IS COLLAGE?

Gypsum- en Hornblendstraat. Elarduspark, Pretoria, 0181