Vroue Konferensie - In Persoon

Vrouekonferensie 23 Oktober 2021. Die Sprekers is Lynette Beer en Marlene Dippenaar. Huidiglik is daar n beperking van 100 vroue en die geleentheid vind plaas tussen 09:00 en 13:00 (afhangende van Covid regulasies).

R150.00

82 in stock

Lynette gaan met ons gesels oor – “Claim your Superpower” 

No one is you. And that, is your superpower. Gedragstudies van mense bewys dat ons selfbeeld, ‘n belangrike rol in ons doelwitte en prestasies speel, die manier waarop ons met die mense in ons wêreld omgaan beïnvloed en direkte bydra tot elke aspek van ons algemene welstand lewer.

Aan die anderkant van die muntstuk word ons selfbeeld dikwels deur ander mense gevorm. Dit is gegrond op die diepgaande bevindinge van verskeie wetenskaplike studies bewys dat; naas ‘n fisiese oorlewing die grootste behoefte van enige mens ‘n sielkundige oorlewing is, om dit te verstaan, te bevestig, te behartig en te waardeer.

Die ‘Claim Your Superpower’ sal jou help om jouself en ander te verstaan, jou in staat stel om opinies objektief te sien en jou selfbeeld onafhanklik daarvan te bou. Die belangrikste is dat dit jou die vertroue sal gee wat jy nodig het om op te tree en die sukses te bereik wat jy verdien. Dit word die beste gesê deur Denis Waitley: “Dit is nie wat jy is wat jou terughou nie, dit is wat jy dink jy nie is nie.”

Marlene gaan met ons gesels oor “Leef ‘n gelukkiger lewe”

Om gelukkig te wees is ‘n daaglikse keuse. Dit is ‘n besluit om weer die huppel-in-jou-stap terug te kry deur die regte besluite te neem.
Geluk is nie net iets wat ons voel nie, daar is eenvoudige dinge wat ons moet dóén om elke dag met vergenoegdheid en vrede te leef!