Kom geniet saam ‘n oggend waar ons onthou hoeveel waarde ons het in God se oë. Ps 139:14 sê: “Ek loof U omdat ek so wonderbaarlik gemaak is.”
Die oggend gaan ons ‘n praktiese werkswinkel hou met spreker: Mimmie Roos (Professionele Voorkomskonsultant). Bring jou vriendin, ma en sussie saam. Ons gaan heerlik saam kuier, baie leer en ietsie te ete saam geniet.