fbpx

Sake Ontbyt

Woensdag 2 November 2022 om 06:00 – Die spreker is Estelle Van Der Linde.

Ons spreker is Estelle van der Linde

R60.00

Ons spreker is Estelle van der Linde. Tema: Kan ons nog welvaart bou in vandag se deurmekaar wêreld?

Estelle het 25 jaar se ondervinding in die finansiële dienste en bankbedryf. As ‘n finansiële beplanner ontwikkel sy verhoudings met haar kliënte gebaseer op vertroue en is daartoe verbind om in hul beste belang op te tree. Sy gebruik haar kreatiwiteit en kennisgebaseerde vaardighede om haar kliënte te help om hul finansiële doelwitte te bereik.

Sy het die eerste 10 jaar van haar werk loopbaan as ‘n belegging spesialis en vaste-inkomste verkope spesialis, plaaslik en in die VK, deurgebring. Sy het die afgelope 15 jaar in finansiële beplanning en welvaart bestuur deurgebring, die laaste 8 jaar by Private Wealth Management by wie sy aangesluit het laat 2014. Estelle het ‘n BCom Ekonometrie-graad van die Universiteit van Pretoria, ‘n Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning van die Universiteit van die Vrystaat en is ‘n gesertifiseerde Finansiële Beplanner.