Wanneer ʼn paartjie met kinders uit hulle vorige huwelike besluit om te trou, kan dit ʼn groot aanpassing vir almal wees. Hulle kry albei ʼn nuwe huweliksmaat, plus ʼn klompie kinders by. Die kinders het stiefsusters of -broers wat hulle moet leer verstaan, en ʼn nuwe gesagsfiguur om in ag te neem. Die opwinding wat die gelukkige paartjie voel, word nie altyd deur die kinders gedeel nie.
Daar is maniere om die oorgang te vergemaklik. Ons gaan fokus op:
- Ouerskap en Ouerskapstyle
- Verwagtinge
- Kommunikasie
- Gedrag
- Dissipline
- Bespreking oor Kindermishandeling