Mannekamp
21-23 April 2023 – ‘n Wegbreek geleentheid vir manne. Die Geestelike leier is Kola De Klerk en die tema is “The 4 Jobs of Steve Jobs” – Ondersoek die 4 beroepe wat ‘n Man in sy leeftyd moet bemeester! Johnathan Phyfer gaan die worship lei.
Borg ‘n Buddy – (kliek hier)
R1,000.00
Die doel van die Mannekamp is om weg te breek van ons normale gejaagde tempo en konteks. ‘n Verandering is soos ‘n vakansie. Daar gaan genoeg tyd wees om te herlaai en weer te fokus op hoe God oor jou voel en wat Hy in gedagte het vir jou.
Die Geestelike leier sal bevestig word. Johnathan Phyfer gaan die worship lei.
Die Mannekamp vind plaas by DealesRock buite Bronkhorstspruit 104 km vanaf Collage Gemeenskapskerk. Die ligging van die terrein is in ‘n kloof met pragtige natuurskoonheid en ‘n great ontspannings area met ‘n groot swembad. 4 tot 6 manne bly in ‘n selfsorg chalets. Alle etes gaan bedien word by die ontspannings area. Daar is ‘n 45 min Staproete na die waterval, wild en ander aktiwiteite.
Die koste sluit die verblyf en 4 en ‘n half etes in (ons bring ons eie vleis vir Saterdagdag aand se braai, ons gee die bykos). Vervoer sal onder mekaar gereël word en sal R 100 per persoon uitwerk afhangende van die voertuig.
Borg ‘n Buddy – (kliek hier)
Ek besef na Covid is daar heelwat finansiële uitdagings, kontak my gerus en ons sal help waar ons kan. Betaal gerus ‘n ekstra bedrag indien jy die vermoë het om iemand te borg of ‘n bydrae kan maak.