Mannekamp
- 11-13 Oktober 2024 – ‘n Wegbreek geleentheid vir manne.
- Die Geestelike leier – Jan Curtin wat verlede jaar ook die kamp gelei het.
- Musiekleier – Jonathan Phyfer
- Tema – Vertrou God
Borg ‘n Buddy – (kliek hier)
R1,200.00
Die doel van die Mannekamp is om weg te breek van ons normale gejaagde tempo en konteks. ‘n Verandering is soos ‘n vakansie. Daar gaan genoeg tyd wees om te herlaai en weer te fokus op hoe God oor jou voel en wat Hy in gedagte het vir jou.
Die Geestelike leier is Jan Curtin en Johnathan Phyfer gaan die worship lei. Die tema is VERTOU GOD
Die Mannekamp vind plaas by DealesRock buite Bronkhorstspruit 104 km vanaf Collage Gemeenskapskerk. Die ligging van die terrein is in ‘n kloof met pragtige natuurskoonheid en ‘n great ontspannings area met ‘n groot swembad. 4 tot 6 manne bly in ‘n selfsorg chalets. Alle etes gaan bedien word by die ontspannings area. Daar is ‘n 45 min Staproete na die waterval, wild en ander aktiwiteite.
Die koste sluit die verblyf en 4 en ‘n half etes in (ons bring ons eie vleis vir Saterdagdag aand se braai, ons gee die bykos). Vervoer sal onder mekaar gereël word en sal R 100 per persoon uitwerk afhangende van die voertuig.
Borg ‘n Buddy – (kliek hier)
Kontak my gerus indien jy finansiële uitdagings het en ons sal help waar ons kan. Betaal gerus ‘n ekstra bedrag indien jy die vermoë het om iemand te borg of ‘n bydrae kan maak.