Betesda Lewensentrum Bydrae

Daar is verskillende opsies om hierdie projek finansieel te ondersteun:

 

Kies een van die produkte hieronder of volg hierdie skakel om jou eie bedrag te bepaal.

 

 

R2,500.00R3,500.00

R2,500.00
R3,500.00

Ons droom van ‘n lewensentrum wat ‘n plek gaan word waarheen mense kan kom wat gebroke is, mense wat genesing nodig het, en mense wat na hoop soek in ons gemeenskap.

In die middel van die lewensentrum gaan daar ‘n kapel wees waar jy kan kom bid en God ervaar. Rondom die kapel gaan daar twaalf lewenstasies wees. Hierdie stasies is gebou op die lewe van Jesus en gaan gebruik word as deel van ‘n terapeutiese proses wat jou lewe oopmaak om die stem van God te hoor.

Daar gaan ook ‘n beradingsentrum wees waar mense gehelp gaan word met krisis en trauma ontlonting/berading. Daar gaan ook ‘n sentrum wees vir kort lewenskursusse om mense te help met verlies, ouerskap, spanning ens. 

Jy kan op verskillende vlakke betrokke raak naamlik as vrywilliger / fasiliteerder, voorbidding of deur ‘n finansiële bydrae te maak.