Begin Punt is ‘n kursus wat gaan oor die boublokke van ons geloof. Dit vorm ook deel van ons nuwe lidmaatskap proses.
R0.00
Die Begin Punt Kursus is gebaseer op Markus 12:28-31. Jesus gee ons ‘n duidelike opdrag in Sy lering: ons moet God liefhê met ons hart, siel, krag, verstand en ons naaste soos onsself. Hoe lyk dit in die moderne lewe? Hoe kan ons God in vandag se tyd volg? In hierdie 4 weke help ons jou om op ‘n praktiese wyse in te skakel en deel te word van wat die Here in en deur jou wil doen in ons gemeenskap.