Ons nooi jou uit na Die Pad van die Kruis 2025 by Collage Gemeente op 18 April om 9h00. Die tema is “Die Rooi Tou”.
Daar gaan ‘n kort Erediens wees wat Jesus se kruisdood herdenk, waarna jy die geleentheid gaan kry om 7 stasies te besoek wat vir jou ‘n interaktiewe ervaring met Jesus se lewe gaan gee.