Mannekamp 2019

Die tema vir vanjaar se Mannekamp is “Geplant”. God se rol vir die man is om 'n leier te wees wat sy gesin, ander en/of homself lei om die oorvloed te ervaar wat God vir elkeen beplan het. Om dit te bereik  is dit belangrik dat elke man op die regte plek “Geplant” is.

 

Psalm 1:3 sê '... hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. '

 

Die doel van die kamp is om, terwyl ons lekker kuier en rus, saam te “journey” om die oorvloedige lewe te ervaar wat God vir ons beplan het.

Ernrich Basson is die geestelike leier van die kamp en dit vind plaas van 18-20 Oktober 2019 net buite Bronkhorstspruit (+- 65km vanaf Collage). Die koste beloop R 800 pp en sluit etes, eetgerei en beddegoed in. Daar slaap twee persone per kamer met 'n en-suite badkamer sowel as 'n  snoepwinkel (slegs kontant).

 

Vervoer is uitgesluit. Daar sal saamry geleenthede wees.

 

Dit is die ideale geleentheid vir oud en jong om weg te breek van die “hustle & bustle” en weer inpas te kom met God se plan vir jou. Buiten die geestelike inspuiting en rus ontmoet jy ook ander gelowige manne in die gemeente.

 

Donasies om ander manne te help wat dit nie kan bekostig nie is welkom.

 

Vir enige navrae of indien jy n uidaging met die koste het kontak Jors by manne@collage.org.za

 

Die sluitingsdatum is Sondag 13 Oktober 2019 

 

Mannekamp Registrasie
Jou betaling bevestig jou registrasie! R800 pp vervoer uitgesluit.
EFT na Collage, 1500251006, ABSA, 632005 en gebruik “Mannekamp” as verwysing.

Nadat die EFT gemaak is, kliek op "Laai Bewys", voltooi die vorm en registreer om jou plek te bespreek.

Vir enige navrae stuur asseblief 'n epos aan manne@collage.org.za

Slegs EFT registrasies!