Hi dit is great dat jy saam kamp. Ek kan nie wag nie en vertrou dat die kamp vir jou ‘n lewens-veranderende ervaring sal wees. Tema Die tema vir die kamp is NADER. Jou verhouding kom net so naby aan God as wat jy dit toelaat. Daar is baie hindernisse en afleidings maar elkeen van ons het die vermoë om dit met God se hulp uit die weg te ruim. Duleigh Douman is die geestelike leier. Ons is al donkie jare vriende en geestelike buddies en journey saam as manne en gelowiges die naweek. Duleigh het ‘n passie vir God en ‘n passie vir mense. Die aanslag van die kamp is baie gemaklik en ontspanne met genoeg alleen tyd en pret. My begeerte vir myself en elkeen van julle is dat ons sal rus en geestelik verdiep op die kamp. Playlist Hier is ʼn link vir ‘n playlist met musiek wat ek graag wil hê dat jy dit vooraf sal luister en toelaat dat die woorde in jou gees en gedagtes insak. Ek het ervaar dat die Here vir my gesê het dat ek die vertrekpunt vir die kamp moet maak. Akkommodasie Dit is self-catering eenhede met ʼn yskas en badkamer. Beddegoed en eetgerei word verskaf. Daar slaap tussen 4 en 6 persone per eenheid. Die kampterrein het ‘n snoepie. Soos voorheen gereël brink elkeen sy eie vleis vir Saterdagaand en dit kan in die yskas in jou kamer gebêre word. Vervoer Stuur asseblief ʼn epos na manne@collage.org.za wat aandui : - Of jy vervoer kan verskaf en/of jy vervoer benodig,
- Bevestig ook watter tyd jy Vrydag kan vertrek en hoe laat jy beplan om te arriveer by die terrein.
Dit sal my help om manne bat vervoer benodig te connect met manne wat vervoer beskikbaar het. Ons gaan met ander woorde nie almal op dieselfde tyd vertrek nie. Ek dink wel dit sal beter wees vir mense wat saam ry om vanaf Collage te vertrek omrede hulle voertuie by die kerk gelos kan word Kliek hier vir Aanwysings Benodighede: - Klere
- Swemklere en Handdoek
- Toiletries en medikasie (Sonbrandmiddel)
- Tekkies of stapskoene
- Jou eie braaivleis vir Saterdagaand (ons verskaf die bykos)
- Kontant vir snoepie
Program Jy kan arriveer Vrydag vanaf 14:30 en lekker ontspan en swem. Daar sal volleybal beskikbaar wees vir manne wat vroeër daar is. NB! Aandete gaan eers 19:00 wees en die eerste sessie 20:00 (die doel is om lekker ontspanne te wees en geleentheid te skep vir manne wat eers na werk kan vertrek om te arriveer). Ons sal Sondag op die laatste 11:00 terug vertrek. Laat weet my asseblief gerus indien jy enige vrae het. Blessings Jors – 0738453951 |