fbpx

Mannebediening

Die doel van die manne bediening is om ander manne te ontmoet, lekker saam te kuier en geestelik te groei. Ons maak gebruik van groot- en kleigroep byeenkomste en ‘n wegbreek geleentheid wat versprei is oor die jaar. Daar is ook n ondersteuningsnetwerk indien jy n behoefte aan gebed en of berading het

Grootgroepe

Mannebraai

3 Februarie 2024

Mannebraai

20 April 2024

Mannebraai

1 Junie 2024

Mannebraai

3 Augustus 2024

Mannebraai Afsluiting - Vrydagaand

8 November 2024

Kleingroepe

By die kleingroepe ondersteun die manne mekaar, fokus ons saam op God se boudruk-plan  vir manwees en bid vir mekaar. Die kleingroepe kom maandeliks bymekaar op verskillende tye en dae.

Ondersteuning

Laat weet my asseblief indien jy spesifieke gebedsversoeke het of geestelike begeleiding / berading. Daar kom ‘n tyd waar elke man ‘n ander man nodig het vir ondersteuning.  

Mannekamp

Kamp

11-13 Oktober 2024

Ons nooi julle hartlik uit na Collage se jaarlikse Mannekamp! Dit is die ideale geleentheid om ander manne wat die Here liefhet te ontmoet en ‘n awesome wegbreek van die daaglikse “hustle and bustle” te geniet. Hoërskool seuns is welkom en 412 (Collage se studente bediening) gaan ook saam kamp. Daar gebeur iets spesiaals wanneer jong en ouer manne saam die Here eer en met mekaar “connect”.

Wat om te verwag:

  • Aanbidding: Kom loof en prys die Here saam met ons. Jonathan is die musiekleier.
  • Geestelike Insette: Inspirasie en bemoediging om jou geloof te versterk. Jan Curtin is weer die geestelike leier en ons tema vir hierdie jaar is Vertrou God! Dit klink so eenvoudig maar wat beteken dit prakties? Kom journey saam om uit te vind.
  • Fun en relax: Swem,vrywillige aktiwiteite en genoeg af tyd om te herlaai en te kuier.

Die Mannekamp vind plaas by DealesRock buite Bronkhorstspruit 104 km vanaf Collage Gemeenskapskerk.

Die ligging van die terrein is in ‘n kloof met pragtige natuurskoonheid en ‘n great ontspannings area met ‘n groot swembad. 4 tot 6 manne bly in ‘n selfsorg chalets. 

Alle etes gaan bedien word by die ontspannings area. Daar is ‘n 45 min Staproete na die waterval, wild en ander aktiwiteite.

Die koste sluit die verblyf en 4 en ‘n half etes in (jy bring jou eie vleis vir Saterdagdag aand se braai, ons gee die bykos). 

Vervoer sal onder mekaar gereël word.

 Borg ‘n Buddy

Ons wil graag hê dat almal moet kan deelneem. As jy finansiële hulp nodig het, laat my asseblief weet.

Indien jy die vermoë het om ‘n ander man te borg en so ‘n verskil te maak kan jy hierdie skakel volg of op die online shop “Borg ’n Buddy” kliek.

Die Een Jaar Bybel Lees-Program

Hierdie program vestig die gewoonte om die Bybel te lees en te bespreek met ander manne wat God wil eer! 

Die gedagte is dat manne individueel saam lees en nuwe kleingroepe vorm en die inhoud bespreek. Dit is nie n eenmalige program nie maar ‘n deuropende proses wat jaarliks herhaal word. Jy sal verras wees wat gebeur wanneer wanneer hier gewoonte aanleer en hoe die Helige Gees die woord oop breek in ons dag tot dag lewe!

Ons gaan die Youversion Bybel App gebruik wat gratis is en vir jou toegang gee tot verskeie vertalings. Jy is altyd ook welkom om ‘n Een Jaar Bybel by CUM te koop.