fbpx

Gemeente Kuier

11 September het ons ons jaarlikse lentedag kuier na die oggend diens. Dit is ‘n kuier geleentheid vir die hele gesin, vir oud en jonk. Die lewe is so gejaag en daar is min kans om net te ontspan. Hierdie is die perfekte geleentheid om te ontspan. Dit is ook die ideale geleentheid om ander mense in die gemeente te leer ken.

Spanne kan ingeskryf word vir boeresport, rolbal en volleyball. Daar is ook boerewors rolle vooraf te koop met lekker musiek en ‘n ontspanne atmosfeer. Die spanne kan saamgestel word met familie en vriende en daar is pryse beskikbaar vir die wenspanne.

Aanlyn kaartjie verkope het gelsuit. Daar sal ‘n beperkte hoeveel Boerewors rol kaartjies Sondag beskikbaar wees.

Geen Radikaal (tieners) & Aand Diens

op 30 April 2023