Interternskap by Collage Gemeente in samewerking met Excell Theological Training Acedemy (sien www.etta.co.za) is ʼn geleentheid vir skoolverlaters om beroepsgereed te kom met ʼn erkende (SAQA geakkrediteerde) NQF5 sertifikaat in pastorale bediening. Die student sluit aan by die voltydse span en werksaamhede van Collage gemeente en word op ʼn gestruktureerde wyse betrek by kennis modules wat op ʼn formele wyse in klasverband aangebied word, praktiese modules om die verskillende elemente van gemeentewerk onder die knie te kry. Laastens kry die student ʼn geleentheid om deur werksmodules hulle bekwaamheid te verbeter.
Aan die einde van die program binne die derde jaar skryf die student ʼn eksterne eksamen wat lei tot die sertifisering na ʼn NQF5 kwalifikasie.