Stap 2
Daar word ʼn onderhoud gereël met die student en ouers
Stap 3
Indien die student aanvaar word moet Ouers te same met die Student die kontrak teken wat meer besonderhede oor die program bevat asook die dissiplinêre kode
Stap 4
Die student moet dan so vinnig as moontlik aanmeld in Januarie (12de) wanneer die program afskop met ʼn oriëntasie
Interternskap by Collage Gemeente in samewerking met Excell Theological Training Acedemy (sien www.etta.co.za) is ʼn geleentheid vir skoolverlaters om beroepsgereed te kom met ʼn erkende (SAQA geakkrediteerde) NQF5 sertifikaat in pastorale bediening. Die student sluit aan by die voltydse span en werksaamhede van Collage gemeente en word op ʼn gestruktureerde wyse betrek by kennis modules wat op ʼn formele wyse in klasverband aangebied word, praktiese modules om die verskillende elemente van gemeentewerk onder die knie te kry. Laastens kry die student ʼn geleentheid om deur werksmodules hulle bekwaamheid te verbeter.
Aan die einde van die program binne die derde jaar skryf die student ʼn eksterne eksamen wat lei tot die sertifisering na ʼn NQF5 kwalifikasie. Die kostes vir die program is R 22 000 oor ʼn tydperk van 2 jaar maar sluit die verpligte uitreike (bedrag onbekend word bereken of vervoer, oorslaap, kos ens), eksterne eksamenfooi (R1000 vir 2022) en vervoer na Collage gemeente en ander derglike items uit.
No products in the cart.
WhatsApp us