fbpx

Ongeag jou beroep, ouderdom, waar jy groot geword het en of jy getroud is of nie, veg elke man ‘n stryd. Hierdie stryd vind daagliks plaas en is ‘n realiteit solank jy op aarde lewe. So baie manne is vasgevang en moedeloos omdat hulle nie die regte gevegstoerusting vir hierdie stryd het nie, of dalk weet hoe om dit te gebruik nie. Elke man se stryd is ‘n kursus met praktiese raad wat gebaseer is op die Woord. Dit is ook ‘n geleentheid waar jy met vrymoedigheid kan vrae vra en besef dat jy nie die enigste man is wat in hierdie geveg is nie. Dit is ‘n belegging in jou toekoms, huwelik en kinders se lewens. Die doel is om seksueel rein te wees sodat jy God met vrymoedigheid kan aanbid.

 

Die kursus begin 8 Mei  is 4 weke lank. Dit vind plaas op Sondae om 17:00 (plus minus ‘n uur). Die kursus se formaat is interaktief. Die koste is R50 pp. Jou betaling bevestig jou registrasie. Betalings kan by Lees en Luister boekwinkel gemaak word Maandae 08:00 – 15:30 of aanlyn by collage.org.za/elke-man-se-stryd.