fbpx

Divorce Care

DivorceCare bring ondersteuning en hoop vir talle mense en hul kinders wat geraak is deur egskeiding.

DivorceCare word deur ‘n span vrywilligers aangebied. Hier beleef mense die Here se liefde en genade en dat hulle nie alleen is in hul tyd van nood nie. Mense bemoedig mekaar en ontdek deur die program om met mekaar te deel dat wat hulle deurgaan normaal is. Daar is ander wat ook in dieselfde bootjie is.

Die program word op Dinsdae van 18:00 – 20:00 aangebied en loop oor 13 weke. Die programme bestaan uit 3 pilare: ‘n DVD sessie wat deur professionele persone en persoonlike getuienisse aangebied word, die fasiliteerder lei die groepsbespreking en dan kan elkeen in hul eie werkboek die dagstukke doen wat hulle help om by die Here stil te word.

Kindertoesig is beskikbaar teen ‘n addisionele bedrag van R300 per kind vir die 13 weke (dit moet asb vooraf gereël word).

Begin 6 Februarie 2024

R300