Die Daniël-vas is ’n Bybelse, gedeeltelike vas wat gebaseer is op die ervarings van die profeet Daniël. Dit behels die eet van slegs plantgebaseerde kos en die drink van water vir ’n vasgestelde tydperk, gewoonlik 21 dae. Mense doen hierdie vas om nader aan God te kom deur gebed, selfdissipline en afhanklikheid van Hom.

Hoekom Doen Mense die Daniel Vas?

Mense doen die Daniel Vas om verskeie redes:

  1. Geestelike groei – Dit help om nader aan God te beweeg deur gebed en vas.
  2. Soeke na rigting – Baie mense doen dit wanneer hulle God se leiding oor iets spesifieks soek.
  3. Selfdissipline en oorwinning – Dit help om selfbeheersing te ontwikkel en af te sien van wêreldse versoekings.
  4. Gesondheid en “Detoks” – Dit is ’n natuurlike manier om jou liggaam van gifstowwe te reinig en gesonder eetgewoontes aan te leer.
  

Hoe Werk die Daniel Vas?

Volg die Bybelse riglyne. Die vas is gebaseer op twee gedeeltes in die boek Daniël:

  • Daniël 1:12 – Daniël en sy vriende het net groente geëet en water gedrink.
  • Daniël 10:2–3 – Daniël het vir 21 dae gevas en geen “lekker kos” of vleis geëet nie.

Kos Wat Jy Kan Eet

  • Vrugte en groente – Vars, bevrore, gedroogde of ingemaakte (sonder bygevoegde suiker).
    Volgraan – Bruinrys, quinoa, hawermout, volgraanbrood sonder gis.
  • Peulgewasse – Bone, lensies, “chickpeas”.
  • Neute en sade – Amandels, okkerneute, sonneblomsaad.
  • Gesonde olies – Olyfolie, klapperolie (in matigheid).
  • Water – Geen versoete drankies, koffie of tee nie.

Kos Wat Jy Moet Vermy

  • Vleis en dierprodukte – Geen hoender, beesvleis, vis, eiers of suiwelprodukte.
  • Verwerkte kos – Geen kunsmatige preserveermiddels of verfynde kosse.
  • Suiker en versoeters – Geen heuning, stroop of suikervervangers.
  • Gisprodukte – Geen gisbrood of gebak met bakpoeier.
  • Kafeïen en alkohol – Slegs water word toegelaat.

 

Kombineer dit met Gebed en Bybelstudie

Gebruik die vas as ’n tyd om nader aan God te kom deur gebed en aanbidding. Lees skrifgedeeltes oor vas en afhanklikheid van God. Baie mense volg ’n spesifieke gebedsplan tydens die vas.

Hoe Lank Duur die Daniel Vas?

Tradisioneel duur dit 21 dae, maar jy kan ook besluit om dit vir 5, 7, 10 dae te doen. Hierdie jaar het ons as kerk besluit om dit nie vir langer as 10 dae te doen nie. Hierdie vas gaan nie net oor kos nie — dit gaan oor geestelike hernuwing en om nader aan God te beweeg.

The Daniel Fast is a biblical, partial fast based on the experiences of the prophet Daniel. It involves eating only plant-based foods and drinking water for a set period of time, usually 21 days. People observe this fast to draw closer to God through prayer, self-discipline, and dependence on Him.

Why Do People Do the Daniel Fast?

People choose to do the Daniel Fast for various reasons:

  1. Spiritual growth – It helps believers draw closer to God through prayer and fasting.
  2. Seeking direction – Many people fast when they are seeking God’s guidance regarding a specific matter.
  3. Self-discipline and victory – It helps develop self-control and encourages turning away from worldly temptations.
  4. Health and detoxification – It is a natural way to cleanse the body of toxins and develop healthier eating habits.
 

How Does the Daniel Fast Work?

Follow the biblical guidelines. The fast is based on two passages from the Book of Daniel:

  • Daniel 1:12 – Daniel and his friends ate only vegetables and drank water.
  • Daniel 10:2–3 – Daniel fasted for 21 days and ate no rich or choice food, meat, or wine.

 

Foods You May Eat

  • Fruits and vegetables – Fresh, frozen, dried, or canned (without added sugar).
  • Whole grains – Brown rice, quinoa, oats, whole-grain bread without yeast.
  • Legumes – Beans, lentils, chickpeas.
  • Nuts and seeds – Almonds, walnuts, sunflower seeds.
  • Healthy oils – Olive oil, coconut oil (in moderation).
  • Water – No sweetened drinks, coffee, or tea.

 

Foods to Avoid

  • Meat and animal products – No chicken, beef, fish, eggs, or dairy products.
  • Processed foods – No artificial preservatives or refined foods.
  • Sugar and sweeteners – No honey, syrup, or sugar substitutes.
  • Yeast products – No leavened bread or baked goods made with baking powder.
  • Caffeine and alcohol – Only water is permitted.

 

Combine the Fast with Prayer and Bible Study

Use the fast as a time to draw closer to God through prayer and worship. Read Bible passages about fasting and dependence on God. Many people follow a specific prayer plan during the fast.

 

How Long Does the Daniel Fast Last?

Traditionally, the fast lasts 21 days, but you can decide if you would like to observe it for 5, 7, 10 or 21 days. This year our maximum amount of days as a church is 10 days.This fast is not only about food—it is about spiritual renewal and drawing closer to God.