Jy kan ‘n afspraak maak vir individuele berading Woensdae tussen 14:00 en 16:00. Ons het ook groepsberading waarvoor jy kan inskryf.
By die Beradingsentrum kan mense gehelp kan word met krisis en trauma ontlonting/berading.
Groepsberading: Daar is kort kursusse om mense te help met verlies, ouerskap, spanning ens.
Daar is Woensdae om 13:00 ‘n diens in die Kapel.
Dit is ‘n geleentheid vir met ‘n kort boodskap. Die diens is 30 min lank. Na afloop van die diens is daar nagmaal beskikbaar. Indien jy gebed benodig het kan iemand saam met jou bid en daar is geleentheid om deur die stasies te beweeg.
Weeksdae 8:00 tot 16:00 kan jy op jou eie die lewensentrum besoek
Deel van die lewensentrum is die kapel waar jy kan kom bid en God ervaar. Rondom die kapel is daar twaalf lewenstasies. Hierdie stasies is gebou op die lewe van Jesus en word gebruik as deel van ‘n terapeutiese proses wat jou lewe oopmaak om die stem van God te hoor.
Wat moet ek doen wanneer ek die gebedstuin en lewenstasies besoek?
Opmerkings
No products in the cart.
WhatsApp us